Vervolg Vilho of ons sal – AR

Berigte lui dat die aantygings teen die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho nie deur die Teenkorrupsie Kommissie ondersoek word nie. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa het vroeër bevestig dat haar kantoor wel ‘n ondersoek na ‘n oorbetaling van 1,5 miljoen doller aan die afgetrede Generaal Martin Shalli gelas is. Die Regstellende Herposisionering Beweging het in ‘n verklaring bevestig dat hulle Vilho sal vervolg indien owerhede hom nie aanspreeklik hou nie.