Ten Hag vra ondersteuning vir sukkelende Rashford
Sokker: Die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, sê hy het baie simpatie met Marcus Rashford en vra ondersteuning vir sy sukkelende voorspeler. Die 26-jarige Rashford het verlede seisoen ‘n loopbaanhoogtepunt beleef toe hy 30 doele aangeteken het en is met ‘n nuwe ooreenkoms tot 2028 beloon, maar sy vorm het sedertdien dramaties verswak. Rashford kon in dié seisoen nog net agt doele in 40 wedstryde aanteken en aanhangers het hom uitgejou in verlede Sondag se FA beker-halfeindstryd-oorwinning teen Coventry.