AR sê vanmiddag om 14:00 oor afbreek van huise

Die verwydering van informele huise in die hoofstad bly in die nuus. Verskeie huise is Woensdag by die Babylon nedersetting in die Thobias Hainyeko kiesafdeling afgebreek omdat dit onwettig opgerig is. Die Affirmative Repositioning-beweging het weer beklemtoon dat hulle hofaansoek in die verband, om die relevante wetgewing ter syde te stel, duur voort. Die beweging se woordvoerder Simon Amunime sê hulle het ook reeds met hulle raadslede vergader.

Volgens Amunime sal hulle vanmiddag om twee-uur hulle eie mediakonferensie hou.