Hardap-boere mag net 25% van lande besproei
Hardap-produsent Rico Bothma sê hulle het toestemming onder die skema om 25 persent van hulle landerye te besproei. Hardapdam is op die oomblik 12,6 persent vol, wat 37 miljoen kubieke meter water verteenwoordig. Om dit in perspektief te stel, Von Bachdam het ‘n totale kapasiteit van 48 miljoen kubieke meter. Bothma sê hulle is bly dat hulle hul permanente gewasse kan behou.