Ons behoort meer water uit Oranje te gebruik, en aanplantings diversifiseer

Namibië benut nie ten volle sy deel van die Oranje-rivier nie en vlakke is tans baie laag by beide Blouputs en Sendelingsdrif, veral omdat Suid-Afrika die rivier baie goed benut. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur by Agribank, sê die druiwe wat teen die rivier geproduseer word is wel hoë-waarde maar, lusern vir die somer en koring in die winter sal ook baie goed werk, veral vir binnelandse gebruik.