Groot sake in laerhowe vandag

Daar is twee opspraakwekkende laerhof sake vandag. Die eerste is in Walvisbaai waar Beauty Haimbili, ‘n boekhouer wat by Lewcor in Walvisbaai gewerk het en aangekla is op klagte van diefstal van meer as 11 miljoen Namibiese doller van haar werkgewer wat saam met haar man Jalmari wat ook by die saak betrek word voor Landdros Vicky Nicolaidis sal verskyn. Albei is uit op borg van 60 000 doller. Dan in Okahandja sal die voormalige Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys weer in Okahandja voorkom op klagte van verkragting en bloedskande. Sy borgaansoek duur ook steeds voort met skokkende getuienis oor teksboodskappe wat hy aan sy vermeende slagoffer gestuur het. Hy is in aanhouding op Seeis omdat hy nie veilig in Okahandja sal wees nie. Sy termyn op die streeksraad was baie kontroversieel.