Stralerbrandstof: Nog nie rede tot kommer nie

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy doen stappe om ‘n dreigende tekort aan stralerbrandstof af te weer. ‘n Beplande sluiting van die Natref-raffinadery en ‘n geskil tussen die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en brandstofmaatskappye kan tot ontwrigtings in brandstoflewering lei. Die sluiting van die raffinadery, wat die grootse verskaffer van stralerbrandsof aan die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng is, sal beteken dat hulle op ingevoerde brandstof uit Durban moet staatmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die besturende direkteur van Plane Talking, Linden Birns, wat sê daar is tans geen rede tot kommer nie.