Netumbo kap NEFF en Amushelelo by partyvergadering

Swapo se sentrale komitee het vanoggend vergader en die party se adjunk-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n toespraak gelewer oor wat sy beskryf as die aanvalle op die party. Sy het nie melding gemaak van enige individu of party nie, maar dit was duidelik sy het verwysing tot Michael Amushelelo gemaak.