Skrapping van e-tol oorwinning vir werkersklas

Die vakbondfederasie Saftu sê die skrapping van die e-tolstelsel is ʼn oorwinning vir die werkersklas en Gautengse motoriste in die algemeen wat van meet af teen die stelsel geveg het. Motoriste moet steeds hulle bestaande e-tolrekeninge betaal al word die stelsel môre afgeskakel. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle moedig motoriste aan om nie te betaal nie, net soos hulle oor die jare met sukses geweier het om dit te doen: