Eskom beplan samewerking met privaatsektor

Eskom het verskeie ingrypings geïmplementeer om te help om die energiekrisis te beёindig. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die media oor die energie-aksieplan ingelig en beklemtoon verskerpte instandhouding, die verkryging van onderdele en die benutting van die energie-oorlogskamer het bygedra om beurtkrag aan te pak. Ramokgopa beklemtoon egter Eskom is nie die enigste oplossing nie. Hy sê die nutsmaatskappy beplan om bewese kundigheid intern aan te stel en met die privaat sektor saam te werk.