Volgens ‘n nuwe studie slaan gorillas ook op hulle bors om konflik te voorkom, as om dit uit te lok

’n Gorilla se bors-slaan is ’n ongelooflike gesig en klank om te aanskou, maar nuwe navorsing gebaseer op jare se waarneming van berggorillas wys daar is baie wat ons nie van hierdie ikoniese aksie verstaan nie.

Sedert ons die eerste keer King Kong gaan kyk het, dink meeste mense dat manlike gorillas hul bors met hul vuiste slaan as ‘n teken van uitdaging of triomf.

Edward Wright, ‘n primatoloog by die Max Planck-instituut, het tussen 2014 en 2016, 500 borsslae van 25 verskillende silwerrug-berggorillas in Rwanda se nasionale parke waargeneem.

Dominante mannetjies stamp glo nie meer male op hul bors as hul kleiner teenstanders nie. Dit het aan dr. Wright en sy kollegas ‘n fassinerende voorstel gegee dat die bors met vuis slaan aksie ook gebruik word om gevegte te vermy eerder as om dit uit te lok.

Foto: Verskaf