Nog vyf liggame na busongeluk in Limpopo opgespoor
Die Suid-Afrikaanse polisie sê nog vyf liggame is in ‘n soektog ná die Limpopo-bus-tragedie opgespoor. Altesaam 39 liggame is tot nou gevind na 45 mense dood is toe die bus waarin hulle van Botswana na Moria vir ‘n Paasbyeenkoms gereis het, Donderdag van ‘n brug op ‘n bergpas tussen Marken en Mokopane afgestort en aan die brand geslaan het. ‘n Agt-jarige meisie, die enigste oorlewende, het ernstige beserings opgedoen, maar is in ‘n bestendige toestand. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die liggame van ses slagoffers kon ongelukkig nie na die brand opgespoor word nie.