VSA verduidelik sy ‘buite stemming’ by VN

Die Amerikaanse ambassadeur na die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, het meer besonderhede bekend gemaak oor hoekom die land buite stemming gebly het in verband met die Gaza-resolusie. Die stap het hewige reaksie uit Israel uitgelok omdat hulle verwag het die VSA sal dit veto. Thomas-Greenfield sê hulle het met meeste bepalings saamgestem.