Eerste internasionale sanger vir 2024 Rocking the Daisies-fees bekend

Die Sweeds-gebore sanger Snoh Aalegra van Iran is die eerste internasionale trekpleister wat gekies is om by die 2024 Rocking the Daisies-fees op te tree. Sy is veral bekend vir liedjies soos I Want You Around en Do 4 Love. Aalegra, wat al vir ʼn Grammy benoem was, het saam met kunstenaars soos Alicia Keys en Drake gewerk. Rocking the Daisies vind van drie tot ses Oktober by die Kloof-wynlandgoed in die Wes-Kaap plaas. Die trotse Afrika- en Billboard-musiek-en-leefstylfees vier sy 19de bestaansjaar.

Foto: Yahoo!