Frankryk verhoog terreurwaarskuwing

Die Franse regering het sy terreurwaarskuwing tot sy hoogste vlak verhoog ná die skietery in Moskou. Die eerste minister Gabriel Attal sê die besluit, wat etlike maande voor die Olimpiese Spele kom, is geneem in die lig van die Islamitiese Staat se verantwoordelikheid vir die aanval en die risiko wat dit vir Frankryk inhou. Die waarskuwing maak voorsiening vir buitengewone veiligheidsmaatreëls soos verskerpte patrollies deur gewapende magte in openbare plekke soos treinstasies, lughawens en godsdienstige terreine.