Fishrot-lot weer in die hof vandag
Die Fishrot-verhoor duur vanoggend om tien-uur voort. Regter Moses Chinhengo het op 12 Maart sy besluit om nie te onttrek aan die saak nie, gelewer en terwyl die aansoeker, Nigel van Wyk, die enigste een van die groep wat die aansoek gebring het, aangedui het hulle sal appelleer daarteen, duur die kriminele verhoor vandag voort. Die saak sloer reeds ‘n geruime tyd en word elke keer ontspoor deur een of ander interlokus-aansoek of een of ander klagte deur die beskuldigdes.