N$20,5m se skuld by mosiehof opgeëis

Daar was vanoggend 58 aansoeke vir verstekvonnisse in die hoërhof in die hoofstad met sewe op die reël 108 rol. Kommersiële banke het 20 van die aansoeke gebring voor regters Shafimana Ueitele en Nate Ndauendapo wat die sessies hanteer het. Die banke eis nege lenings met ‘n uitstaande waarde van 5,6 miljoen Namibiese dollar sowel as 11 eiendomme met skuld van 14,9 miljoen dollar. In Maandag se sessie sal regter Boas Usiku 25 onverdedigde egskeidings hanteer.