Aitsa Trust beloon Afrikaanse musikante

Afrikaanse musikante en kunstenaars het weer iets om na uit te sien in 2021. Die Aitsa Trust het bekend gemaak dat die toekenningsgeleentheid in ‘n aangepaste formaat vir 2020-2021 sal voortgaan, nadat verlede jaar weens inperkingsregulasies uitgestel moes word. Die uitvoerende voorsitter van die Pretoria FM direksie en trustee van die Aitsa Trust, Willie Spies, sê daar is besluit om die Aitsa Toekennings vanjaar weer aan te bied na die reuse-sukses van die eerste geleentheid in Oktober 2019. Afrikaanse kunstenaars, liriekskrywers en vervaardigers van musiekproduksies sal vanjaar in 12 kategorieë kan inskryf. Volgens Spies kan Namibiese musikante en kunstenaars ook deelneem soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.