Rebebe ontslaan, verskyn môre
Die vermeende bankrower Nico Rebebe, wat daarvan verdink word dat hy 2 miljoen Namibiese dollar by Bank Windhoek op Opuwo gesteel het, is uiteindelik uit die hospitaal ontslaan. Hy is op 7 Maart in hegtenis geneem na hy op 13 Januarie vermoedelik die geld gesteel en gevlug het. Hy is by sy meisie se huis op die dorp aangetref maar hy is ‘n diabeet en het nie sy medikasie geneem nie. Hy sal na verwagting môre in die hof op die dorp verskyn.