Poenie van Zyl terug in die hof vandag

Die bekende Lüderitz-sakeman en apteker Erasmus ‘Poenie’ van Zyl wat aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig staar, verskyn weer vandag in die hof. Hy is einde Januarie op 5 000 borgtog vrygelaat, die tweede keer, nadat sy borg teruggetrek is omdat hy voorwaardes oortree het. Buiten die aanrandingsklagte wat saam met die wet vir huishoudelike geweld gelees word omdat hy blykbaar sy vrou Elizabeth, aangerand het, het Van Zyl ook ‘n beperkingsbevel verontagsaam. Van Zyl wat die eienaar van die Reichs-apteek op die kusdorp is, is verlede jaar in September in die openbaar op sosiale media platforms deur sy skoonsuster Ria van der Schyff van die aanrandings beskuldig.