Beyoncé maak die titel van haar komende country-album bekend
Die musiekikoon het onthul haar komende country-album se titel is “Cowboy Carter”. Beyoncé het die titel op haar amptelike webtuiste bekend gemaak, waar die hoofbladsy ‘n perdesaal wys met ‘n rooi, wit en blou serp wat lees “Country Carter”. Beyoncé se aanhangers was reeds in Februarie vanjaar verras met twee enkelsnitte van die album, “Texas Hold ‘Em” en “16 Carriages”. “Texas Hold ‘Em” het die Nr. 1-plek in beide Brittanje en Amerika bereik. Beyoncé het ook geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te word wat bo-aan beide die Hot Country Songs- en Hot R&B/Hip-Hop Songs-trefferlyste was. Die nuwe album word op 29 Maart vrygestel.
Album kunswerk: “Beyoncé’s Act II: Cowboy Carter”