Visepresident maak planne vir droogte

Netumbo Nandi-Ndaitwah, visepresident van die Swapo-party,  vra vir samewerking om die impak van die droogte in sommige dele van die land te versag Sy het tydens die eerste sentrale komitee van die party vir vanjaar genoem dat ‘n erge droogte op hande is, aangesien beide kommersiële en kommunale boere ‘n swak oes en weiding verwag. Gevolglik kan daar ‘n gebrek aan kos en ervaar word.Sy doen ‘n beroep op streekskoördineerders om in samewerking met die streekgoewerneurs en streekraadslede te werk.