Namibiërs se eie skuld dat Chinese tenders kry – Smit
Die Tender Bulletin berig dat ses konstruksiekontrakte ter waarde van 2,14 miljard Namibiese dollar die afgelope paar weke aan Chinese konstruksiemaatskappye toegeken is. Onder hulle is Namfisa se “ivoortoring” ter waarde van 236,8 miljoen Namibiese dollar, wat aan die China State Construction Engineering Corporation, ‘n gesamentlike onderneming met Adaptive Building Land Construction, toegeken is. Daarby het Jiangsu Zhengtai ‘n kontrak ter waarde van 234,4 miljoen dollar ontvang om kantore by Eenhana te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se skaduminister vir finansies, Nico Smit, wat sê die probleem lê dikwels by Namibiese maatskappye self.