Groot riviere bly bestendig, maar Oranje baie laag
Die Zambezirivier by Katima Mulilo is besig om te daal en het vanoggend ‘n watervlak van 1,67m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu daal steeds van 5,64m gister tot 5,63m vanoggend. Die Benede Oranjerivier by Blouputs het ‘n watervlak van 0,34m aangeteken en Sendelingsdrift daal steeds en was op 0,51m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend ‘n vloei van 553.57 kubieke meter persekonde aangeteken.