8 April 2024 se totale sonsverduistering: Waar en wanneer?

Die totale sonsverduistering wat op Maandag 8 April 2024 gebeur sal vanaf ‘n suidwestelike tot ‘n noordoostelike rigting Noord-Amerika deurkruis en oor Mexiko, die Verenigde State en Kanada beweeg. Die totale sonsverduistering sal oor die suidelike Stille Oseaan begin. As die weer dit toelaat, is die eerste plek op die vasteland van Noord-Amerika wat dit sal ervaar, Mexiko se Stille Oseaan-kus omstreeks 11:07 PDT (Stille Oseaan Dagligtyd) wees.

Die pad van die son tydens die verduistering gaan dan die Verenigde State in Texas binne, en strek deur Oklahoma, Arkansas, Missouri, Illinois, Kentucky, Indiana, Ohio, Pennsylvania, New York, Vermont, New Hampshire en Maine. Klein dele van Tennessee en Michigan sal ook die totale sonsverduistering ervaar. Die verduisteringspad sal Kanada in Suid-Ontario binnegaan en deur Quebec, New Brunswick, Prince Edward Island en Cape Breton voortgaan. Die son tydens die verduistering sal die vasteland van Noord-Amerika aan die Atlantiese kus van Newfoundland, Kanada, om 17:16 NDT (Newfoundland Dagligtyd) verlaat.

Sien gerus die Nasa kaart & video van die sonsverduistering hieronder.

Kaart & video verskaf: Nasa