Onderwys in KZN val uitmekaar uit – DA

Die DA in KwaZulu-Natal sê die wurggreep van vakbonde in die provinsie se ANC-beheerde onderwys-departement het ongetwyfeld gelei tot die agteruitgang van gehalte-onderwys. Die party sê bewyse van die vakbond se steun vir ‘n onbevoegde regering is ook duidelik te sien met Sadou-voertuie wat met ANC-embleme versier is. Die DA-lid, Imran Keeka, sê onderwysers kan nie meer beskerm word teen laat kom, gereelde afwesigheid, vroeë vertrek vanaf die skool en selfs, soos in sommige gevalle berig word, kooroefeninge nie.