Landlyn-telefone is weer in die mode te danke aan Generasie Z

Die 1990’s het gebel, hulle wil ou telefone terughê.

Gen Z het ‘n affiniteit daarvoor om ou dinge weer nuut te maak en is behep met vroeë 2000’s-tegnologie.

Hulle volgende teiken is die vaste landlynfoon.

In ‘n tydperk waarin landlyne amper verouderd is en tegnologie elke dag meer en meer gevorderd word, kan Gen Z se fassinasie met sogenaamde retro-tegnologie ‘n herlewing veroorsaak.

Teen die einde van 2022 het 72,6% van volwassenes en 81,9% van kinders in huishoudings gewoon sonder ‘n landlyn, volgens Amerika se National Health Interview Survey.

Alhoewel Gen Zers beslis nie ‘n landlyn nodig het nie en steeds vertrou op hul selfone vir feitlik alles, is dit die estetika van “2000’s nostalgie” wat die landlyn-telefoon vir hulle so aantreklik maak. 

Foto: Verskaf