Vraag na diepsee-boortuie langs die kus neem toe

Die Noorse diepwater-boorder Odfjell Drilling sê hy sien ‘n stygende vraag na sy dienste aflandig van die suidelike Namibiese kus, van beide bestaande en nuwe olie- en gasmaatskappykliënte. Die Deepsea Mira- en Deepsea Bollsta boortuie het in die vierde kwartaal verlede jaar vir onderskeidelik Total Energies en Shell geboor, terwyl die Hercules boortuig  vir Galp Energia in Namibië gewerk het. Al drie tuie word namens die tuigeienaars deur Odfjell bestuur. Kjetil Gjersdal, Odfjell se uitvoerende hoof, het tydens ‘n kwartaallikse resultate-aankondiging gesê daar was “‘n paar fantastiese ontdekkings in daardie streek”. Hy sê Odfjell het navrae van olie- en gasmaatskappy-kliënte ontvang, insluitend nuwe kliënte wat op soek is na tuie in die streek.