Schlettwein sê oor langtermynplan vir Hardapdam

Die lae vlak van die Hardapdam, wat volgens NamWater op 16,3 persent staan, is ‘n bron van groot kommer. Die groenskema waar mielies en lusern verbou word maak staat op water uit die dam, asook die !Aimab-melkplaas, wat die lusern nodig het vir hulle kudde. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou- en water-minister Calle Schlettwein gepraat oor die ministerie se planne om die probleem te takel. Hy sê in die kort termyn kan hulle niks daaraan doen nie, maar hulle kyk na maniere waarop die dam weer toegelaat kan word om voller te loop.

Schlettwein sê hulle ondersoek ook beter besproeiingsmetodes as die huidige stelsel, waar almal soveel water uit die dam kan gebruik as wat hulle wil.