200m kiesers sal in een dag in Indonesië stem

In moontlik die grootste verkiesing oor een dag ter wêreld gaan meer as 200-miljoen geregistreerde kiesers môre in Indonesië stem. Drie kandidate staan vir die presidentskap, naamlik die gewese weermaggeneraal, Prabowo Subianto, met sy derde poging en tans die voorloper. Die ander twee was vroeër goewerneurs: Ganjar Pranowo en Anies Baswedan. Kiesers sal ook sowat 20 000 verteenwoordigers vir hul nasionale en provinsiale regerings kies. Die uittredende president, Joko Widodo, mag volgens die grondwet nie vir ‘n derde agtereenvolgende termyn staan nie.