Reaksie op suiwel-subsidies

Die landbouministerie se melkwaardeketting-ontwikkelingskema vir vanjaar teiken in die eerste fase 45 produsente in die Otjozondjupa-streek. Die subsidies aan produsente behels 60 persent se hulp vir koeie, 50 persent vir medisyne en voer en 65 persent vir toerusting en konstruksie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence met kennis van landbou, oor die impak wat dit op landbou en die ekonomie het.