Skole kry opdrag om gedenkdienste te hou

Die uitvoerende direkteur van die onderwys-ministerie, Sanet Steenkamp, het ‘n alle skole en instansies binne die ministerie amptelik opdrag gegee om Maandag ‘n gedenkdiens ter ere van wyle president Hage Geingob te hou. Steenkamp het opdrag gegee dat die diens optredes deur leerders moet bevat. Diegene wat nie optree nie, moet aangemoedig word om hul kreatiwiteit uit te druk deur kunswerke en gedigte. Die leerders se kunswerke sal regdeur die routydperk by skole uitgestal word. President Geingob se staatsbegrafnis is op Saterdag, 24 Februarie.