Lamola sê heropbou van NVG is soos herstel van vliegtuig in die lug

Die buurland se justisie-minister, Ronald Lamola, het die heropbou van die Nasionale Vervolgingsgesag en die skepping van sy Ondersoekdirektoraat vergelyk met die herstel van ‘n vliegtuig in die lug. Hy is vol vertroue in die goedkeuring van die NVG-Wysigingswetsontwerp wat voor die parlement sal dien voor dit in Maart in reses gaan. Die wetgewing het ten doel om die direktoraat met robuuste ondersoek-magte te bewapen. Lamola sê die regering het hom verbind tot die bekamping van korrupsie en die versterking van wetstoepassingsagentskappe te midde van die nalatenskap van staatskaping.