Voormalige Pakistani eerste ministers ‘wen’ albei verkiesing

Die voormalige Pakistani eerste ministers, Nawaz Sharif en Imran Khan, het albei verkiesingsoorwinnings verklaar. Die verkiesing Donderdag is deur vertraagde uitslae en militante aanvalle gekenmerk wat die politieke onrus in die land verdiep het. Sharif se party het 64 setels verower. Khan, wat in die tronk is, se ondersteuners het as onafhanklikes deelgeneem, nadat sy party verbied is om aan die verkiesing deel te neem. Hulle het in totaal die meeste setels verower, naamlik 92. Sy Pakistan Tehreek-e-Insaf-party het ‘n oudiovisuele boodskap vrygestel waarin hy ondersteuners gelukwens met hulle oorwinning.