Rapporteer uitbuiters van Geingob se dood aan polisie!

Die inligting-minister dr. Peya Mushelenga, betreur die verskynsel dat gewetenlose mense die dood van president Hage Geingob uitbuit om geld te maak. Hy het gepraat by die daaglikse media-inligtingsessie oor opdaterings oor die reëlings vir die staatsbegrafnis. Lede van die publiek word versoek om wanneer hulle sulke mense teëkom, dit onmiddellik by die Namibiese polisie aan te meld.