Grenssluitings is tot Namibiese produsente se voordeel

Wandile Sihlobo, ‘n landbou-ekonoom in Suid-Afrika, sê op sy sosiale media-rekeninge dat Namibië en Botswana hul beperkings op die invoer van Suid-Afrikaanse groente moet verlig. Hy voeg by dat Namibië en Botswana se pogings om hulle binnelandse produksie ‘n hupstoot te gee kan gedoen word sonder die streng sluiting van hulle markte, en daar moet billike kommunikasie met hulle naburige handelsvennote wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, wat sê die grenssluitings het die gewenste effek en dis in elk geval nie permanent nie.

Mulonda voeg by dit is die posisie van die Akkerbouraad dat die tydelike grenssluitings op sekere produkte daar is om seker te maak Namibiese boere word beskerm.