Parlement open sonder verfraaiings

Die negende sitting van die sewende Namibiese parlement open vandag maar sonder die gewone verfraaiings. Daar sal geen uitgebreide seremonie wees nie. Dit bring normaalweg die drie staatsorgane – die uitvoerende gesag, wetgewende gesag en regbank – bymekaar. Die geleentheid word verder gekenmerk deur ‘n militêre parade en ‘n 21-geweer-saluut. Dit sal nie vandag plaasvind nie. Roetes om die parlement is steeds gesluit. Verrigtinge begin om half-drie.