Itula gesels oor unieke verhouding met Geingob

Panduleni Itula, leier van die Independent Patriots for Change, het wyle president Hage Geingob se woning in Klein Windhoek, Casa Rosalia, besoek waar hy sy eer en medelye betoon het aan voormalige presidentsvrou Monica Geingos. Itula het vertel van ‘n unieke verhouding met Geingob, wat interaksie tussen hulle moontlik gemaak het ten spyte van hulle politieke verskille.