Masisi bring hulde aan Geingob

Botswana se president, Mokgweetsi Masisi, is die eerste staatshoof wat in die land aangekom het na die nuus van die afsterwe van president Hage Geingob. Masisi is op ‘n kort besoek aan Namibië om met president Nangolo Mbumba te vergader, waarna die twee presidente voormalige eerste dame Monica Geingos by haar woning sou besoek. Hy het van sy noue bande met die ontslape president vertel, ten spyte van hul groot verskil in ouderdomme, en hoe dit ook die bande tussen die twee lande versterk het.