Enoch vat weer SDC Ope

Rhys Enoch van Wallis het die SDC Ope by die Zebula Gholflandgoed en Spa in Limpopo gewen, nadat hy twee houe voor die Suid-Afrikaners Deon Germishuys en Martin Rohwer geëindig het. Die Suid-Afrikaner Dylan Naidoo was vierde op 20 onder baansyfer, met George Bloor en Chris Paisley van Engeland een hou verder terug in ‘n gesamentlike vyfde plek. Enoch, wat die Uitdaagtoernooi nou vir die tweede keer gewen het, sê hy is bly om op die wenpad terug te wees na ‘n moeilike twee jaar van beserings: