Tjokker-rugby kan kindermishandeling wees

Britse akademici beweer kinderrugby kan ‘n vorm van mishandeling wees weens die risiko van ernstige beserings. Volgens Britse media het navorsers van die universiteite van Winchester, Nottingham Trent en Bournemouth aangevoer die risiko van ernstige beserings druis in teen kindermishandelingwette. Hulle voer aan kinders en hul ouers kan nie wettiglik ingeligte toestemming gee om aan hoërisiko-sport deel te neem nie. Hulle beweer ook sportliggame het gesinne oorreed om te aanvaar breinbeserings is ‘n newe-effek van mededinging.