Terreur nie motief vir Parys-aanval nie

Die Franse polisie het terrorisme as ‘n moontlike motief uitgesluit vir Saterdag se aanval waarin drie mense naby Parys se besige Gare de Lyon-treinstasie beseer is. ‘n Een-en-dertigjarige man wat met ‘n mes en hamer gewapen was, is vinnig in hegtenis geneem na die sekerheidsvoorval in die stad wat later vanjaar die gasheer van die Olimpiese Spele is. Die polisie sê die man het burgerskapdokumente van Italië en medisyne by hom gehad wat daarop dui hy was onder psigiatriese behandeling.