TotalEnergies-brief is dalk vals 

Kosmos 94.1 Nuus kon geen skakel tussen die sogenaamde briefskrywer, Louis Beauvais na die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyonne vind nie. Beauvais het blykbaar namens aandeelhouers die brief geskryf en aantygings oor korrupsie gemaak, veral in verband met die lynminister Tom Alweendo, en die aanstelling van die petroleumkommissaris Maggy Shino. Die nuusspan wag steeds vir ‘n antwoord op navrae wat aan TotalEnergies gestuur is. Nou sê Alweendo self dat die maatskappy in verbinding met hom was en dra geen kennis van die brief of die skrywer nie. Die taal in die brief kom ook uiters verdag voor. Dit blyk om vervals te wees.