Laat Duitsland Namibië straf as hy wil: Nahas Angula

Politieke kommentators waarsku dat Namibië en Suid-Afrika se ondersteuning van Palestina in die Israel-Hamas oorlog hulle duur te staan kan kom. Dit geld veral Namibië, wat baie ontwikkelingshulp van Duitsland kry, en Duitsland is na aan Israel in die oorlog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige Namibiese minister en ‘n veteraan van die Swapo-party, wat sê as Duitsland besluit om Namibië te straf, soos wat hy reeds in die koloniale tydperk gedoen het, “laat dit so wees”.