Koffie word eintlik beskou as ‘n tipe superkos

Navorsing van die Johns Hopkins Universiteit dui daarop dat kafeïen langtermyngeheue kan verbeter.

Deelnemers wat 200-miligram-kafeïentablette gekry het nadat hulle ‘n reeks beelde bestudeer het, het beter daarin gevaar om soortgelyke beelde te onderskei wanneer hulle die volgende dag getoets is.

“Ons het nog altyd geweet dat kafeïen ‘n goeie effek het op kognitiewe funksie, maar die spesifieke uitwerking daarvan op herinneringe is nog nooit werklik in detail by mense ondersoek nie,” sê senior skrywer Michael Yassa, ‘n assistent-professor in sielkunde en brein-wetenskap aan die Johns Hopkins Universiteit.

In Japan is daar ook ‘n studie gedoen op mense wat nie gereeld koffie drink nie om te sien wat die effek is op die persone se bloedsomloop.

Elke deelnemer het ‘n koppie gewone koffie gedrink van sowat 150ml. Die navorsers het gekyk na bloedvoei in die vingers, ‘n aanduiding van hoe goed die klein bloedvate in die liggaam werk.

Die persone wat die koffie met kafeïen gedrink het, het oor ‘n tydperk van 75 minute ‘n 30 persent toename in bloedvloei ervaar.

Geniet jou boeretroos met matigheid.