Super Giants is in toptwee

Durban’s Super Giants het hulle plek onder die toptwee op die SA20-punteleer verseker met ʼn oorwinning van agt lopies oor Pretoria Capitals op Kingsmead. Die speler van die wedstryd, Matthew Breetzke, het 73 van 46 balle gemoker en die Super Giants het in hulle 20 boulbeurte 174 vir nege op die telbord geplaas. Daarna het snelbouler Junior Dala die beste telling van sy loopbaan behaal met vyf vir 26 lopies om die Pretoria Capitals tot 166 vir nege te beperk. Dala sê hulle dra hierdie oorwinning se momentum oor na Saterdag se kragmeting teen die Joburg Super Kings: