Zuma se optrede ‘n ‘gewas wat chirurgiese aandag nodig gehad het’

Die Thinc-stigting het sy ondersteuning uitgespreek vir die ANC se skorsing van oudpresident Jacob Zuma, en beskryf sy optrede as skadelik vir die party se reputasie. Zuma het onlangs verklaar hy sal nie in die komende verkiesing namens die ANC veldtog voer of vir die party stem nie, maar het sy steun toegesê aan die nuutgestigte party, Umkhonto we Sizwe. Die stigting se uitvoerende hoof, Lucky Mathebula, het op Newzroom Afrika daarop gewys Zuma se keuses het die ANC se besluit regstreeks beïnvloed.