Verregse AfD-party in Duitse verkiesingstoets

Die verregse AfD-party staan voor sy eerste verkiesingstoets sedert reusebetogings Duitsland getref het teen die teen-immigrasiegroep, oor onthullings van debatte oor die massa-uitsetting van buitelanders. AFP berig gister se verkiesing in oos-Thuringia vir ‘n distriksadministrateurspos was die eerste sedert die woede oor die Potsdam-vergadering. Meer as ‘n miljoen mense het deelgeneem aan optogte teen die Alternatief vir Duitsland-party. Landwye meningspeilings plaas AfD tweede na die konserwatiewes, en ver voor kansellier Olaf Scholz se Sosiaal-Demokrate.