Huis Acasia vanaf Maandae tot Sondae oop

Die uitvoerende hoof van die kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het aangekondig dat Huis Acasia, waar kankerpasiënte kan aanklop vir versorging en ondersteuning, vanaf 1 Februarie vanaf Maandae tot Sondae oop sal wees. Die tussentydse versorging-huis was in die verlede net van Maandae tot Vrydae oop, maar na konsultasies het die vereniging die ure verleng.