Brave Warriors verdien N$15 miljoen by Afrika-beker

Namibië se Brave Warriors het 15 miljoen Namibiese dollar verdien met hul geskiedkundige lopie by die Afrikabeker-toernooi. Dit kom nadat die Afrika Sokker-konfederasie verhoogde prysgeld aangekondig het. Die president van die Namibiese Sokkervereniging, Robert Shimooshili, sê hulle sal konsulteer oor hoe die geld aangewend moet word. Op die hokkiefront het Namibië se senior vroue hokkie-vyf-span 10de geëindig by die eerste Hokkie-vyf wêreldbeker in Oman. Namibië het teen die VSA te staan gekom in die uitspeelwedstryd om die neënde en tiende plek, en 0-2 verloor.